You are currently browsing the category archive for the ‘Uncategorized’ category.

Ons kind is dood
en
onverstoord
rol die wêreld voort

Advertisements

Christelike ikone was deel van die Christene se aanbidding sedert die vroegste tye.  Die eerste verwysing na ‘n ikoon kry ons in die Aporkriewe boek van die Handelinge van Johannes.  Die eerste kunstenaars wat ikone geskilder het, het elemente uit die Griekse, Romeinse en Egiptiese kunswereld gebruik.  Hier probeer ek met houtskool en waterverf ‘n Afrika-klankie daaraan te gee.

Kind en Moeder

St Rudolphus Moeder en Kind ikoon

Christ icon

Christ icon

Soos 'n arend...

Soos ‘n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke… Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Loof Hom met die tromme.  Medium:  houtskool en waterverf.  Grootte:  279x420mm

Loof Hom met die tromme. Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Soos 'n vader sorg vir kinders sorg die Here vir wie Hom vrees.  Medium:  houtskool en waterverf.  Grootte:  279x420mm

Soos ‘n vader sorg vir kinders sorg die Here vir wie Hom vrees. Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Alles wat asem het - Loof die Here.  Medium:  houtskool en waterverf.  Grootte:  279x420mm

Alles wat asem het – Loof die Here. Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Hy laat my rus in groen weivelde.  Medium:  houtskool en waterverf.  Grootte:  279x420mm

Hy laat my rus in groen weivelde. Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Koorsangers.  Medium:  houtskool en waterverf.  Grootte:  279x420mm

Koorsangers. Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Pianis.  Medium:  houtskool en waterverf.  Grootte:  279x420mm

Pianis. Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Voordat die haan kraai...  Medium:  houtskool en waterverf.  Grootte:  279x420mm

Voordat die haan kraai… Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerk bymekaarmaak. Medium:  houtskool en waterverf.  Grootte:  279x420mm

Soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerk bymekaarmaak. Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm

Ons is knegte van die Here –
in gebrokenheid gedoop.
Nie met krag en mag oorwin ons
maar in nederigheid en hoop.
Hy doof nie die dowwe lamppit.
Geknakte riete breek hy nie:
Sluit met sagtheid en met deernis
selfs die toekoms vir ons oop

(wysie: wat ‘n vriend het ons in Jesus)

Kuierfees
Familiefees
Christusfees
God by ons – ‘n mens gewees

Eensaam-fees
Verlange-fees
Terugdink-fees
Hy was een van ons gewees!

Ligte-fees
Geskenke-fees
Ooreet-fees
Nee, Hy leer ons om soos Hy te wees

Mag Hy hierdie kerstyd in jou wees!

Loof Hom met groot lawaai...

Loof Hom met hart en mond...

Loof Hom met bassuingeklank...

na aanleiding van Open the eyes of by heart Lord van Paul Baloche

Om te glo is soms so swaar, Heer

Om te glo is soms so swaar

Ons wil U glo Heer

Ons wil in U glo

Om te sien is soms so swaar, Heer

Om te sien is soms so swaar

Ons wil U sien Heer

Ons wil U sien

Wys ons u troon en al u mag

Wys ons u liefde en u krag

Stort al u liefde oor ons uit

Want u is heilig heilig heilig

Heilig heilig heilig

Heilig heilig heilig

Heilig heilig heilig
Ons bly in u glo, Heer

Koning van die dans

Hy dans en die skepping staan verstom.
Hy dans tussen sterre en die maan en die son.
Uit die hemel daal Hy neer en Hy dans in die stal –
Hy dans as Koning van die groot heelal.

Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.

Hy dans vir konings en vir Fariseers –
Hulle wou nie dans nie – hul is vol van vrees.
Hy dans toe saam met vissers by die see.
Hul word sy dissipels en dans toe mee.

Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.

Hy dans op die Sabbat en genees die vrou
Mense rol hul oë en skreeu: “Dis klaar met jou!”
Hulle beur en hulle skeur en hul hang Hom op-
Kaal en alleen met dorings op sy kop.

Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.

Hy dans op die Vrydag toe die hangsel skeur.
Dis moeilik om te dans as die mense treur.
Hulle kruisig sy liggaam en lê Hom in die graf –
Maar Hy is die Dans en die doeke rol af.

Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.

Hul rol toe die klip en stel wagte aan,
maar niks kan Hom keer om nou op te staan!
Hy leef in jou en jy leef in Hom –
Hy is Heer van die dans – verheerlik Hom!

Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.

Mense soos planete

wentel op eie baan

gloei ‘n oomblik helder

dans dan ritmies saam

Mense soos planete

wentel om mekaar

nou en dan ‘n kontak

vertrek dan weer van daar

Mense word planete

ligjare van mekaar

skyn ‘n oomblik helder

maak dan spoedig klaar

Mense is planete

wentel om hul son

aan mekaar verbonde

geanker steeds in Hom

Wyses volg vandag nog die ster
sonder om te weet wat om te verwag
Dwases weet als
en maak staat op eie krag..

Welkom

Welkom by Heilige Brandboud. In hierdie blog gaan ek deur middel van gedigte en rympies en houtskoolsketse op my leefwereld reflekteer. Jy is welkom om saam te dig en te rym of sommer net jou gedagtes te gee. Ek is nou al sowat 23 jaar as 'n dominee by die kerk betrokke. Wanneer jy so lank in die bediening is, begin jy om sake baie ligter te sien. Jy laat jou nie meer so maklik onder kry deur mense se grille en geite nie. Jy leer om baie meer te lag. En stories te vertel. En prentjies te teken. En te dig...
Advertisements