Ons kind is dood
en
onverstoord
rol die wêreld voort
Christelike ikone was deel van die Christene se aanbidding sedert die vroegste tye. Die eerste verwysing na ‘n ikoon kry ons in die Aporkriewe boek van die Handelinge van Johannes. Die eerste kunstenaars wat ikone geskilder het, het elemente uit die Griekse, Romeinse en Egiptiese kunswereld gebruik. Hier probeer ek met houtskool en waterverf ‘n Afrika-klankie daaraan te gee.
Soos ‘n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke… Medium: houtskool en waterverf. Grootte: 279x420mm
Ons is knegte van die Here –
in gebrokenheid gedoop.
Nie met krag en mag oorwin ons
maar in nederigheid en hoop.
Hy doof nie die dowwe lamppit.
Geknakte riete breek hy nie:
Sluit met sagtheid en met deernis
selfs die toekoms vir ons oop
(wysie: wat ‘n vriend het ons in Jesus)
Kuierfees
Familiefees
Christusfees
God by ons – ‘n mens gewees
Eensaam-fees
Verlange-fees
Terugdink-fees
Hy was een van ons gewees!
Ligte-fees
Geskenke-fees
Ooreet-fees
Nee, Hy leer ons om soos Hy te wees
Mag Hy hierdie kerstyd in jou wees!
na aanleiding van Open the eyes of by heart Lord van Paul Baloche
Om te glo is soms so swaar, Heer
Om te glo is soms so swaar
Ons wil U glo Heer
Ons wil in U glo
Om te sien is soms so swaar, Heer
Om te sien is soms so swaar
Ons wil U sien Heer
Ons wil U sien
Wys ons u troon en al u mag
Wys ons u liefde en u krag
Stort al u liefde oor ons uit
Want u is heilig heilig heilig
Heilig heilig heilig
Heilig heilig heilig
Heilig heilig heilig
Ons bly in u glo, Heer
Koning van die dans
Hy dans en die skepping staan verstom.
Hy dans tussen sterre en die maan en die son.
Uit die hemel daal Hy neer en Hy dans in die stal –
Hy dans as Koning van die groot heelal.
Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.
Hy dans vir konings en vir Fariseers –
Hulle wou nie dans nie – hul is vol van vrees.
Hy dans toe saam met vissers by die see.
Hul word sy dissipels en dans toe mee.
Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.
Hy dans op die Sabbat en genees die vrou
Mense rol hul oë en skreeu: “Dis klaar met jou!”
Hulle beur en hulle skeur en hul hang Hom op-
Kaal en alleen met dorings op sy kop.
Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.
Hy dans op die Vrydag toe die hangsel skeur.
Dis moeilik om te dans as die mense treur.
Hulle kruisig sy liggaam en lê Hom in die graf –
Maar Hy is die Dans en die doeke rol af.
Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.
Hul rol toe die klip en stel wagte aan,
maar niks kan Hom keer om nou op te staan!
Hy leef in jou en jy leef in Hom –
Hy is Heer van die dans – verheerlik Hom!
Dans, dans, waar jy ook mag kom.
Koning van die dans- verheerlik Hom!
En Hy lei ons almal waar ons ookal is.
Hy dans en verdryf so die duisternis.
Brand Heer in ons ‘n warm vuur –
‘n liefde wat vir ewig duur
vir hierdie aarde Here.
Steek u vlamme Here in ons aan:
U Gees wat altyd by ons staan
as storms ons laat bewe.
Leer ons u warme Vaderhart
wat vlam en lig maak in ons smart.
U Gees gee ons lewe!
Gestuur en met u Gees gedoop-
Ons versprei u Liefde en u Hoop
soos ‘n veldbrand, Here.
Maak my ‘n vuur wat helder skyn –
wat al die donker laat verdwyn
in gebroke mense.
Vuur ons aan deur God se Gees.
Stuur ons uit om vlam te wees
tot die verste grense.
Mense soos planete
wentel op eie baan
gloei ‘n oomblik helder
dans dan ritmies saam
Mense soos planete
wentel om mekaar
nou en dan ‘n kontak
vertrek dan weer van daar
Mense word planete
ligjare van mekaar
skyn ‘n oomblik helder
maak dan spoedig klaar
Mense is planete
wentel om hul son
aan mekaar verbonde
geanker steeds in Hom
Heidelbergse Kategismus
Sondag Een.
Hulle sit met verstarde oë
asof versteen.
Wat is jou enigste troos?
Een waag dit om te sê –
die ander staar net stil…
“Is dit nie dalk dat Jesus gesterf het
om ons ontwil?”
Dortse Leerreels
uit ‘n vorige eeu
maak nie meer baie sin
voel hulle lus om dit uit te skreeu.
Maar praat oor seks en aborsie –
dan praat hulle gou-gou saam.
Dis die wêreld waarin hulle lewe –
al kry die dominee soms ook skaam.
Grootbek en vol brawade
kan hulle tog so spog
oor als wat hulle probeer het
en wie weet wat alles nog.
Maar diep binne-in
is hulle nog maar klein.
Eintlik wil hulle net die versekering hê:
Jesus self maak hulle hartjies rein.
“Paulus se teologie
klop vandag net nie”
Dis wat die ou mense sê:
“Want ons weet nie meer wat hy wil hê.”
Ons dog hy praat van hoede en geld –
nou hoor ons hy weet van strukturele geweld.
Ons dog hy praat van wyn en brood –
nou stuur hy ons na plakkers in hul nood.
Paulus se boodskap klop tog wel:
Om te doen soos Jesus is al wat tel.
Hy het sy dissipels se voete gewas –
Hy is die Draer van elke las –
Hy is die Een wat saam kan huil –
En ons word sy arms
in wie ander kan skuil
Vroue gaan om vir laas sy lyf
te balsem
en sommer net te huil.
Was alles dan leeg,
sinloos en verniet?
Here, die wêreld is so vuil!
Skielik gaan hulle staan
Kan dit dan wees?
Die graf is oop
Die lyk is weg
Ag heretjie tog –
wat kan ons nog tref?
Skielik staan Hy daar –
hulle kyk vir Hom.
“Maria” sê Hy sag.
Hulle staan verstom.
Dan borrel dit in hulle oor:
Die Here leef!
Ons het Hom nie verloor!
Vinnig hardloop om te vertel
vir die ander in hul pyn:
Ons Here leef –
Hy het self aan ons verskyn.
Die eerste plaag is rooi soos bloed.
Dit roof en moor
en vat jou goed
Die tweede plaag is wit soos was.
Met gepleisterde gesig
loop jy jou teen hom vas
Die derde plaag is pers soos wyn.
Dis bottels en pille
wat hulle laat krul van pyn.
Die vierde plaag is gryse graniet:
Koud en hard –
‘n onvergewensgesinde verdriet
Die vyfde plaag is geel soos goud.
Sonder liefde
slaap geld baie koud
Die sesde plaag is lief en sag.
Voor jy jou kom kry
druk sy jou rond teen haar borste vas.
Die sewende plaag is koud en hard.
Sonder familie en vriend –
eensaam en verward.
Die agtste plaag is ‘n geklaag en gekerm
van vrouens wat neul
en mans wat hulle nie beskerm
Die negende plaag so uit die hel
is mense wat tob
en oor alles hulle kwel.
Die tiende plaag is pikgit-swart.
Kinders op afdraaipaadjies
skeur ‘n ouerhart
Farao het Moses uiteindelik laat trek.
Vir ons is Jesus uit die graf opgewek.
Rowwejack.
Uit sy plek.
Woes en rof.
Onbeskof.
Ma bly bid vir veertig jaar.
Woestynreis uiteindelik klaar.
Nuwe man –
Die Here kan!
Gedreineer.
Gewring.
Getap.
Uitgesuig
deur almal wat op jou aanspraak maak.
Gee.
Gee.
Gee
tot jy leeg
vervang word met nog ‘n aap.
pienk-gerimpeld
half-ontsteld
blaai sy deur die fotos
en klou vas aan ‘n handjie vol geld
Here
Ek weet U soek nie getalle
U soek verhoudings
U soek diepte
U soek ore wat hoor
Hoekom is ek dan so verlam
teleurgesteld
as hier net ‘n paar opdaag?
Miskien moet ek begin waag
om oor te gee
te dryf
in U genade
Maak my oë oop
dat ek U kan sien
Amen
Hulle kom na die alwyse vir raad
dat ek my toorstokkie swaai
my dolosse gooi
en hul verlos van al hulle kwaad.
Dis eers later dat hulle begin verstaan
die stokkie en die os
het ek by die huis gelos.
Hulle moet self die verandering ondergaan
Baba huilend in die arms.
Dominee probeer ‘n Woord inkry.
Dis eintlik bad en voertyd –
wanneer is die gesprek dan verby?
Verstaan nie veel van die Heer se genade –
van sy verbond met Abraham.
Glo nie hul kind is verdorwe.
Probeer haar opvoed so goed hul kan.
Maar Sondag is dit dooprok en blomme
Ouma self wil die kind in bring.
Gemeente sing van God se verbondsgenade
wat wyer as sondaar-ouers kring.
Hoe gaan dit, liewe tannie
so voor die operasie –
het jy dors?
Los die praatjies, liewe dominee
en voel net hier –
die knop sit nog in my bors.
Nuutste kommentaar