You are currently browsing the category archive for the 'Pastoraat' category.
Depressiemonster
vreet
jou
siel
nooit
goed
genoeg
Depressiemonster
Die eerste plaag is rooi soos bloed.
Dit roof en moor
en vat jou goed
Die tweede plaag is wit soos was.
Met gepleisterde gesig
loop jy jou teen hom vas
Die derde plaag is pers soos wyn.
Dis bottels en pille
wat hulle laat krul van pyn.
Die vierde plaag is gryse graniet:
Koud en hard –
‘n onvergewensgesinde verdriet
Die vyfde plaag is geel soos goud.
Sonder liefde
slaap geld baie koud
Die sesde plaag is lief en sag.
Voor jy jou kom kry
druk sy jou rond teen haar borste vas.
Die sewende plaag is koud en hard.
Sonder familie en vriend –
eensaam en verward.
Die agtste plaag is ‘n geklaag en gekerm
van vrouens wat neul
en mans wat hulle nie beskerm
Die negende plaag so uit die hel
is mense wat tob
en oor alles hulle kwel.
Die tiende plaag is pikgit-swart.
Kinders op afdraaipaadjies
skeur ‘n ouerhart
Farao het Moses uiteindelik laat trek.
Vir ons is Jesus uit die graf opgewek.
Gedreineer.
Gewring.
Getap.
Uitgesuig
deur almal wat op jou aanspraak maak.
Gee.
Gee.
Gee
tot jy leeg
vervang word met nog ‘n aap.
pienk-gerimpeld
half-ontsteld
blaai sy deur die fotos
en klou vas aan ‘n handjie vol geld
Hulle kom na die alwyse vir raad
dat ek my toorstokkie swaai
my dolosse gooi
en hul verlos van al hulle kwaad.
Dis eers later dat hulle begin verstaan
die stokkie en die os
het ek by die huis gelos.
Hulle moet self die verandering ondergaan
Hoe gaan dit, liewe tannie
so voor die operasie –
het jy dors?
Los die praatjies, liewe dominee
en voel net hier –
die knop sit nog in my bors.
Dit donder en blits en skreeu en skel.
Dit vloek mekaar so reg uit die hel.
Maar klop die dominee aan die deur
sit hulle so liefies by mekaar asof niks gebeur.
En waag hy dit om hulle uit te vra
sê hulle: “Agge nee, dominee,
ons het niks om oor te kla”
Maar met die dominee net om die draai
hoor jy van vêr weer die lawaai.

Onlangse Kommentaar