You are currently browsing the category archive for the 'Huwelik' category.
Lekker styf inmekaar:
Blosende ou huwelikspaar.
Steek die vonk weer aan.
Hy’s toe glad nie so gedaan!
Baba huilend in die arms.
Dominee probeer ‘n Woord inkry.
Dis eintlik bad en voertyd -
wanneer is die gesprek dan verby?
Verstaan nie veel van die Heer se genade –
van sy verbond met Abraham.
Glo nie hul kind is verdorwe.
Probeer haar opvoed so goed hul kan.
Maar Sondag is dit dooprok en blomme
Ouma self wil die kind in bring.
Gemeente sing van God se verbondsgenade
wat wyer as sondaar-ouers kring.
Hulpeloos so sonder vrou
Vreeslik seer en baie rou
Telefoon hou nooit op.
Tant Magriet bring koekies,
Tant Maria sop.
Tannie Hester weet van troos:
Sy weet hy is stukkend
en tog so broos…
Teen haar boesems druk sy hom
tot hy laatnag hemel toe kom.
Hulpeloos so sonder vrou.
Binne twee maande klaar gerou.
Satynhemp.
Strik om die nek.
Kolle onder die arms.
Gladgelek.
Mendelsöhn…
Wasig kom sy in.
Knop in die keel –
te laat om te besin
Neem jy haar
die bruid langs jou
vir ewig en altyd
as jou wettige vrou?
Kop begin te draai.
Ore begin te sing.
Soos ‘n os slaan hy neer –
gryp vir laas na die ring.
Strop om die nek.
Tant Koek se hoenderhaan.
Grootbek voor sy pelle.
Katjie van die baan.
Het julle al van die blomme en die bye gehoor?
Nooit nie, dominee…
antwoord hulle vroom in ‘n koor.
Maar agteraf
wil hulle lekker lag
want sy is lankal al deurboor.

Onlangse Kommentaar