Brand Heer in ons ‘n warm vuur -
‘n liefde wat vir ewig duur
vir hierdie aarde Here.
Steek u vlamme Here in ons aan:
U Gees wat altyd by ons staan
as storms ons laat bewe.
Leer ons u warme Vaderhart
wat vlam en lig maak in ons smart.
U Gees gee ons lewe!
Gestuur en met u Gees gedoop-
Ons versprei u Liefde en u Hoop
soos ‘n veldbrand, Here.
Maak my ‘n vuur wat helder skyn -
wat al die donker laat verdwyn
in gebroke mense.
Vuur ons aan deur God se Gees.
Stuur ons uit om vlam te wees
tot die verste grense.

Lewer kommentaar
Comments feed for this article