Mense soos planete
wentel op eie baan
gloei ‘n oomblik helder
dans dan ritmies saam
Mense soos planete
wentel om mekaar
nou en dan ‘n kontak
vertrek dan weer van daar
Mense word planete
ligjare van mekaar
skyn ‘n oomblik helder
maak dan spoedig klaar
Mense is planete
wentel om hul son
aan mekaar verbonde
geanker steeds in Hom

1 comment
Comments feed for this article
03/05/2011 at 13:41
Bileam se Donkie
Ek is bly jy blog UITEINDELIK weer! Moet nou nie weer dat ek so lank op jou moet wag nie, Roelf!!!