Van mens en God verlaat
Alleen.
Gehaat.
Onder lag speel soldate
hulle dobbelspel.
En in die strate
gaan alles aan
normaal –
mensehel.
Drie-uur skuif ‘n donker kring.
Voorhangsel skeur die grense oop.
Dit is volbring.
God is dood.
En by die kruis vra soldate stom:
“Was Hy miskien die Een wat kom?”

No comments yet
Comments feed for this article