Die eerste plaag is rooi soos bloed.
Dit roof en moor
en vat jou goed
Die tweede plaag is wit soos was.
Met gepleisterde gesig
loop jy jou teen hom vas
Die derde plaag is pers soos wyn.
Dis bottels en pille
wat hulle laat krul van pyn.
Die vierde plaag is gryse graniet:
Koud en hard –
‘n onvergewensgesinde verdriet
Die vyfde plaag is geel soos goud.
Sonder liefde
slaap geld baie koud
Die sesde plaag is lief en sag.
Voor jy jou kom kry
druk sy jou rond teen haar borste vas.
Die sewende plaag is koud en hard.
Sonder familie en vriend –
eensaam en verward.
Die agtste plaag is ‘n geklaag en gekerm
van vrouens wat neul
en mans wat hulle nie beskerm
Die negende plaag so uit die hel
is mense wat tob
en oor alles hulle kwel.
Die tiende plaag is pikgit-swart.
Kinders op afdraaipaadjies
skeur ‘n ouerhart
Farao het Moses uiteindelik laat trek.
Vir ons is Jesus uit die graf opgewek.

1 comment
Comments feed for this article
18/02/2009 at 09:11
Amanda
Ds. Opperman
Is u ten gunste van vryheid van spraak?
Glo u dat die haatspraak van Christen fundamentalisme wettiglik aan bande gelê behoort te word?
Amanda Oosthuizen
Christen fundamentalis