Baba huilend in die arms.
Dominee probeer ‘n Woord inkry.
Dis eintlik bad en voertyd -
wanneer is die gesprek dan verby?
Verstaan nie veel van die Heer se genade –
van sy verbond met Abraham.
Glo nie hul kind is verdorwe.
Probeer haar opvoed so goed hul kan.
Maar Sondag is dit dooprok en blomme
Ouma self wil die kind in bring.
Gemeente sing van God se verbondsgenade
wat wyer as sondaar-ouers kring.

No comments yet
Comments feed for this article