Satynhemp.
Strik om die nek.
Kolle onder die arms.
Gladgelek.
Mendelsöhn…
Wasig kom sy in.
Knop in die keel –
te laat om te besin
Neem jy haar
die bruid langs jou
vir ewig en altyd
as jou wettige vrou?
Kop begin te draai.
Ore begin te sing.
Soos ‘n os slaan hy neer –
gryp vir laas na die ring.
Strop om die nek.
Tant Koek se hoenderhaan.
Grootbek voor sy pelle.
Katjie van die baan.

No comments yet
Comments feed for this article