Heidelbergse Kategismus
Sondag Een.
Hulle sit met verstarde oë
asof versteen.
Wat is jou enigste troos?
Een waag dit om te sê –
die ander staar net stil…
“Is dit nie dalk dat Jesus gesterf het
om ons ontwil?”
Dortse Leerreels
uit ‘n vorige eeu
maak nie meer baie sin
voel hulle lus om dit uit te skreeu.
Maar praat oor seks en aborsie –
dan praat hulle gou-gou saam.
Dis die wêreld waarin hulle lewe –
al kry die dominee soms ook skaam.
Grootbek en vol brawade
kan hulle tog so spog
oor als wat hulle probeer het
en wie weet wat alles nog.
Maar diep binne-in
is hulle nog maar klein.
Eintlik wil hulle net die versekering hê:
Jesus self maak hulle hartjies rein.

3 comments
Comments feed for this article
20/12/2008 at 10:23
Pikkelik
Ons vergeet soms dat daai wilde rebelsheid maar net ‘n smeekroep na liefde is…
21/01/2009 at 17:36
freddiescoffeebar
Dis ‘n baie snaakse een hierdie; en waar!
Hoe kan ons relevant bly as ons nie tyd spandeer in die jonger geslag se lewens nie. En dit is challanging, want hulle vrae raak diep sake…
08/02/2009 at 16:05
Frederick Marais
maar gelukkig hoef ons nie die antwoorde te gee nie- ons kan maar net luister en saamwonder sodat hulle ons kan leer or geloof in hierdie wonderlike deurmekaar wereld van ons waarin hulle op punte baie gemakliker is as ons