Metodiste en Vollies
en Doppers kom saam:
Lees uit die Bybel –
verheerlik sy Naam
Die leeu en die lam
kon by mekaar gaan lê.
Hulle het saam grootgeword
sou ‘n mens amper kon sê.
Tomas en Petrus
en Judas was saam.
Wonderwerke gebeur nog –
verheerlik sy Naam.

2 comments
Comments feed for this article
15/12/2008 at 16:53
Pikkelik
AMEN
17/12/2008 at 15:23
Die piesangverkoper
Hierdie is verskriklik mooi en interessant.
In die jare 1930 het De Kerkbode gereeld sulke geestelike versies deur predikante en vroom vroue gepubliseer – ‘n hele kultuur het daar rondom ontstaan. Van dit was nogal eenvoudig, hartseer gediggies oor die euwels van drank of die gevare van verdoemenis (mens sal verbaas wees hoeveel woorde rym met hel), maar elke nou en dan het iets mooi ook deurgeskemer. So was daar byvoorbeeld in 1941 die volgende gedig van Isabelle Cordier:
Dis ‘n wonder skone lentenag,
so rustig en vol vree,
ja, heilig is die stilte,
in die hof Getsemane.
Die maan versprei ‘n reine glans,
en kus die blomme rein,
‘n voël vlieg stil verby,
daar’s hemel in die tuin.
Maar luister! Wie het daar geroer?
Wat verstoor die rus?
Dis ‘n gekraak van droë blare,
‘n voet wat die droë aarde kus.
Ensovoorts. Nie baie goeie ritme nie, maar tog mooi beelde.
Wyle dr. Andries Treurnicht het in dieselfde jaar sy debuut in De Kerkbode gemaak (hy sou later redakteur word) ook met ‘n vrome gedig wat hy nog as teologiestudent geskryf het.
Dis jammer die tradisie bestaan nie meer nie. Ek hoop jy gaan eendag ‘n boek uitgee.