Om van aardse bekommernis te vrywaar
‘n traktement…
Die geld wat ek verdien
oop en bloot in die vergadering
vir elkeen om te sien.
Om van aardse bekommernis te vrywaar
‘n traktement…
Vir die daaglikse behoeftes
van my vrou en kind en kraai
en nog iets vir die behoeftiges
wat by my deur kom draai.
Om van aardse bekommernis te vrywaar
‘n traktement…
Dit hou my nederig en stil
Dit laat my op die Heer vertrou
Om met my te maak soos Hy wil…

2 comments
Comments feed for this article
13/12/2008 at 10:12
Pikkie
Wou eers verbyhou maar dalk kan ek dit maar van my hart afkry… (Delete as jy moet, ek sal verstaan.) Ek dink predikante se salarisse is ‘n skree ten hemele!! Hulle moèt Sondag na Sondag sorg dat ons iets hoor waaroor ons later kan redekawel. Hulle moèt sorg dat elke vergadering vlot verloop. Hulle moèt huisbesoek doen en behoede hulle as dit nie gereeld is nie. Hulle moèt die siekes en gekranktes besoek al is dit dieselfde mense wat hulle laasweek gevloek het. Hulle moet skoolopenings waarneem en sorg dat ons kinders op die regte pad is. Hulle moet 24/7 beskikbaar wees, want hulle is mos die herders. Maar as dit kom by salaris betaal, moet die kerkgebou geverf word, die koster moet ‘n verhoging kry, die kerk het ‘n aircon, waaiers, klankstelsel, wat ook al nodig en dit is belangrik en op die prioriteitslys. Maar goeie dominee moet maar wag vir ‘n aanpassing of verhoging daar is belangriker dinge…. en hy werk mos vir die Here…. Op die platteland is daar hoeveel predikante wat nog tevrede moet wees met ‘deelsorg’… Doen 2 of meer gemeentes se werk en kry een se betaling… Gmf… Gmf…. Gmf… Dan noem die gemeentes hulself Christene en die predikante verarm by die dag…. Ek kan boeke vol skryf maar miskien moet ek hier ophou.
14/12/2008 at 15:41
boerinballingskap
Welkom in die blogruim. Ek hou van die tong-innie-kies verse.