(Om te sing oor kerstyd- op wysie van: Aanskou die Heiland sien die kruis)
AANSKOU DIE HEILAND SIEN DIE STAL
DIE KONING VAN DIE GROOT HEELAL
HOE HY HOM SO VIR MY VERLAAG
EN EK WIL NET MYSELF BEHAAG
DIE HERDERS KOM OM HOM TE EER
DIE WYSES KNIEL AANBIDDEND NEER
VOOR AARDSE HEERSERS MOES HY VLUG
‘N KONING OP ‘N DONKIERUG
IN STINKEND’ STAL HET HY KOM LY
HY GEE SY LEWE OOK VIR MY
DIE KRUIS SE SKADU OOR DIE KRIP
DIT IS TE HOOG VIR MY BEGRIP
HOM KAN EK NOU MET VREUGDE DIEN
IN RUIMTE DEUR SY KRUIS VOORSIEN
‘N LIEFDE SO VOLMAAK EN VRY
EIS ALLES, ALLES OOK VAN MY
(Laaste vers deur Attie van der Colf 2001 Liedboek 396)

2 comments
Comments feed for this article
12/12/2008 at 12:08
albert cruywagen
Hallo Roelf. Jou refleksies en gedigte wys weereens hoe sukkel die kerk soms om in ons leefwêreld in te pas; miskien omdat kerkmense sukkel om die lewe rêrig raak te sien – omdat hulle sukkel om die Bybel rêrig in fokus te kry.
Daarom sukkel buitekerkse mense om in die kerk in te pas! En om God raak te sien!
Groete,
Albert Cruywagen
12/12/2008 at 15:52
roelfopperman
my kinders leer my nogal om iets van die wereld te verstaan