Vrome broer Jan
gryp wilde broer Piet
oor hy op Saterdagaande
die Lotto so geniet.
Vrome broer Jan
kla vir broer Gerrie aan
oor hy die ou voggies
net nie kan laat staan.
Vrome broer Jan
is tog so beswaard
oor al die nuwe liedere
wat tog net nie by ons aard.
Vrome broer Jan
Hou tot laatnag toe aan:
Beskerm die Evangelie
en vou vroom sy hande saam.
Vrome broer Jan
knyp die kat by die huis,
mishandel sy ou vroutjie
en lewe glad nie so kuis.

5 comments
Comments feed for this article
11/12/2008 at 07:56
attie
Hi Roelf – dit lyk my jy begin die ding nou mooi verstaan. Lyk klaar tonne beter.
11/12/2008 at 13:23
Pikkelik
Dis eintlik snaaks juis omdat dit soooo waar is….
Naskrif: Hoekom moet kerkraadsvergaderings altyd so uuuuuiiiiitttttgerek word….
11/12/2008 at 20:38
Sonkind
Vrome broer Jan klink vir my alte bekend
12/12/2008 at 08:04
Frederick Marais
Roelf
ek het grootgeword by ‘n inrigting vir verstandelik gestremdes- my ouers het daar gewerk- was nie inwonders nie- en ons het as gesin geleer dat as jy nie humor het nie, jou diens aan hierdie mense nie volhoubaar is nie- ek weet nie wat dit se oor Kerkrade nie!
sal gereeld kom loer
18/12/2008 at 09:49
Filistein
Vrome broer Jan , of vrome broer Piet, Frans, Henry, Frikkie…………………. Is dit nie presies soos ons wragtag is nie.