Welkom
Welkom by Heilige Brandboud. In hierdie blog gaan ek deur middel van gedigte en rympies en houtskoolsketse op my leefwereld reflekteer. Jy is welkom om saam te dig en te rym of sommer net jou gedagtes te gee. Ek is nou al sowat 23 jaar as 'n dominee by die kerk betrokke. Wanneer jy so lank in die bediening is, begin jy om sake baie ligter te sien. Jy laat jou nie meer so maklik onder kry deur mense se grille en geite nie. Jy leer om baie meer te lag. En stories te vertel. En prentjies te teken. En te dig...
2 comments
Comments feed for this article
10/12/2008 at 06:27
attie
Dit was nou lekker om jou hier raak te loop, maar dit was nog lekkerder om deur jou gedigte te lees – veral daardie een oor die pastorie – mens voel darem dikwels so. Ek hoop jy vind baie bevrediging uit dit wat jy hier skryf.
10/12/2008 at 06:57
HEILIGE BRANDBOUD « Attie se koffietafel.
[...] HEILIGE BRANDBOUD December 10, 2008 Posted by attie in Die Christelike Lewe. trackback ‘n Vriend en kollega van my het ook sy eie blog begin met die naam HEILIGE BRANDBOUD waar hy hoofsaaklik oor die bediening “blog”. Bederf hom bietjie en loer daar in en verwelkom hom. As jy wil weet hoe dit vir ‘n dominee se gesin voel, gaan lees bietjie sy gedig “PASTORIE“. [...]