(na aanleiding van ‘n kind met rooimiere terwyl die gemeente sing)
‘k het Jesus lief, Hy is my lig en krag
(Ag nee Sussie, wat is dit met jou vandag?)
Hy sal in angs en nood my nooit begewe
(Staan nou stil, Sussie, jy het heeltemal te veel lewe…)
Net Hy alleen, die Redder van my lewe
(Ek gryp jou nou – dan sien ons hoe jy bewe…)
Verlos my siel van skuld en sondemag.
Toe val die hou met ‘n dowwe slag.

5 comments
Comments feed for this article
10/12/2008 at 00:58
Ronald
Oom Roelf!
Ek is baie bly om te sien oom blog! Ek vra ook sommer nou al die reg om hierdie gediggie te gebruik – vir iets, eendag, ek weet nog nie waar nie – want ek hou baie daarvan!
10/12/2008 at 08:52
roelfopperman
Ronald
gebruik die plegings soos jy goed dink. Groetnis
10/12/2008 at 11:06
flippiefanus
Kostelik!
11/12/2008 at 13:25
Pikkelik
11/12/2008 at 13:37
ICE
Was ons nie maar almal daar nie? Toe ons klein was aan die ontvang kant en nou dat ons self kinders het, aan die ander kant…